Portugese

Hierdie artikel handel oor die etniese groep. Vir die taal, sien Portugees.
Portugese






Totale bevolking: ca. 42 miljoen[1]
Belangrike bevolkings  in: Vlag van Portugal Portugal ~11 miljoen[2]

Vlag van Brasilië Brasilië ~5 miljoen[3]
Vlag van Verenigde State van Amerika Verenigde State ~1,4 miljoen[4]
Vlag van Venezuela Venezuela ~1,3 miljoen[5]
Vlag van Frankryk Frankryk ~1,2 miljoen[6]
Vlag van Kanada Kanada 429 850[7]
Vlag van Suid-Afrika Suid-Afrika 300 000
Vlag van Angola Angola 300 000[8]
Vlag van Switserland Switserland 193 299[9][10]
Vlag van Duitsland Duitsland 170 000
Vlag van Spanje Spanje 126 651
Vlag van Verenigde Koninkryk Verenigde Koninkryk 90 134[6]
Vlag van Luxemburg Luxemburg 82 363
Vlag van Guyana Guyana 50 000
Vlag van Australië Australië 46 519[11]
Vlag van Mosambiek Mosambiek 40 413[12]
Vlag van Argentinië Argentinië 40 100[13]
Vlag van België België 38 000
Vlag van Kaap Verde Kaap Verde 22 318[12]

Taal: Portugees, Mirandees, Galicies
Geloofsoortuiging: Hoofsaaklik Rooms-Katolieke Kerk
Verwante etniese groepe: Ander Romaanse volke soos Franse, Italianers, Katalane, Roemene en Spanjaarde

Die Portugese (Portugees: Portugueses) is die inheemse bevolking van Portugal, 'n land op die Iberiese Skiereiland in die suidweste van Europa. Hulle taal is Portugees, en die oorgrote meerderheid is Rooms-Katolieke.

Die Portugese is 'n Suid-Europese volk van gemengde afkoms. Hulle is afstammelinge van Voor-Romeinse Keltiese en Iberiese stamme, die sogenaamde Keltiberiërs, soos byvoorbeeld die Lusitaniërs, Gallaeci, Cynetes of Conii, en klein plaaslike stamme soos die Bracari, Celtici, Coelerni, Equaesi, Grovii, Interamici, Leuni, Luanqui, Limici, Narbasi, Nemetati, Paesuri, Quaquerni, Seurbi, Tamagani, Tapoli, Turduli, Turduli Veteres, Turdulorum Oppida, Turodi en Zoelae).

Ook die Romeine het 'n belangrike invloed uitgeoefen, veral op kulturele gebied, en die Portugese taal het uit die plaaslike Latyn ontwikkel. Ander volke, wat hulle in die gebied van die huidige Portugal gevestig en 'n invloed by die vorming van die Portugese volk uitgeoefen het, was die Wes-Gote, Suevi, Quadi en Markomanne.

Kleiner invloede het gekom van die Fenisiërs, wat half-permanente nedersettings aan die suidkus gestig het, die Vandale, Silingi en Hasdingi en die Sarmatiese Alane, wat almal deur die Wes-Gote en Suevi verdryf is of gedeeltelik met hulle versmelt het, en die Noord-Afrikaanse Berbers en Arabiere, wat ná die Christelike Reconquista (herowering) van Portugal verdryf is of die Katolieke geloof aangeneem het.

Monument ter ere van die Portugese ontdekkers in Lissabon

Tydens die Middeleeue was daar ook minderhede van Jode en Afrikane uit gebiede suid van die Sahara. Hulle is verdryf of het met die plaaslike bevolking versmelt. Slawe uit Afrika is uiteindelik nie meer vervang nie.

Soos in baie Europese lande, was daar ook in Portugal altyd invloede van ander Europese volke, veral Franse, Duitsers, Engelse, Skotte, Iere, Nederlanders en Vlaminge, Italianers en Spanjaarde. In die laaste dekades het 'n groot aantal bewoners van die voormalige Portugese kolonies, veral Indië, Afrika en Brasilië, na Portugal geïmmigreer. Die mees onlangse immigrante kom uit Slawiese lande soos Oekraïne.

Tans is daar sowat tien miljoen Portugese in Portugal. Sowat 35 miljoen Brasilianers is danksy die grootskaalse immigrasie in die laat 19de en vroeë 20ste eeu van Portugese afkoms. Na ramings is daar as gevolg van Portugese immigrasie na Indië, die Amerikas, Macau, Oos-Timor, Indonesië en Afrika sedert die 16de eeu altesame meer as 100 miljoen mense wêreldwyd met Portugese voorvaders.

  1. "Estudo descobre 31,19 milhões de portugueses pelo mundo" (in Portugees). Dn.pt. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 24 September 2015. Besoek op 25 April 2016.
  2. (pt) "Portal do Instituto Nacional de Estadística". Instituto Nacional de Estadística. Besoek op 25 April 2016.
  3. NOVAimagem.co.pt / Portugal em LInha (17 Februarie 2006). "Cinco milhões de netos de emigrantes podem tornar-se portugueses" (in Portugees). Noticiaslusofonas.com. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 22 April 2020. Besoek op 25 April 2016.
  4. (en) "Total Ancestry Reported". United States Census Bureau. 2012. Besoek op 21 April 2016.
  5. "Maior comunidade portuguesa da América Latina esperançada numa nova Venezuela" (in Portugees). 13 April 2013. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 8 Desember 2018. Besoek op 25 April 2016.
  6. 6,0 6,1 (pt) "Indicadores sobre a população portuguesa emigrada". 27 Mei 2014. Besoek op 25 April 2016.[dooie skakel]
  7. (en) "Ethnic Origin (264), Single and Multiple Ethnic Origin Responses (3), Generation Status (4), Age Groups (10) and Sex (3) for the Population in Private Households of Canada, Provinces, Territories, Census Metropolitan Areas and Census Agglomerations, 2011 National Household Survey". Statistics Canada. Besoek op 25 April 2016.
  8. "José Eduardo dos Santos diz que trabalhadores portugueses são bem-vindos em Angola" (in Portugees). José Eduardo dos Santos diz que trabalhadores portugueses são bem-vindos em Angola. 6 Junie 2013. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 20 Mei 2020. Besoek op 25 April 2016.
  9. "Ausländerinnen und Ausländer in der Schweiz - Bericht 2008" (PDF) (in Duits). Geargiveer vanaf die oorspronklike (PDF) op 10 Augustus 2016. Besoek op 24 Augustus 2014.
  10. (en) Afonso, Alexandre (OnlineFirst). "Permanently Provisional. History, Facts & Figures of Portuguese Immigration in Switzerland". International Migration. doi:10.1111/j.1468-2435.2010.00636.x. Besoek op 5 October 2012. {{cite journal}}: Gaan datum na in: |year=, |date=, en |year= / |date= mismatch (hulp)
  11. "The Portugal-born Community" (in Engels). Department of Social Services. Februarie 2014. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 17 Maart 2018. Besoek op 25 April 2016.
  12. 12,0 12,1 (pt) "Indicadores sobre a população portuguesa emigrada". Observatorioemigracao.secomunidades.pt. 27 Mei 2014. Besoek op 25 April 2016.[dooie skakel] Verwysingfout: Invalid <ref> tag; name "observatorioemigracao.pt" defined multiple times with different content
  13. "Buenos Aires celebra Portugal (fotogaleria)" (in Portugees). 19 Junie 2011. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 10 Desember 2018. Besoek op 25 April 2016.

© MMXXIII Rich X Search. We shall prevail. All rights reserved. Rich X Search